Skip to content Skip to left sidebar Skip to footer

15 Februarie 2024 Mediavrystelling: Basiese Brandbestrydingsopleiding na Van Wyksdorp-inwoners uitgerol

Mediavrystelling: Basiese Brandbestrydingsopleiding na Van Wyksdorp-inwoners uitgerol

15 Februarie 2024

Die Tuinroete Distriksmunisipaliteit (TDM), Brand en Reddingsdienste het hierdie week vanaf 12 tot 15 Februarie 2024, inwoners van die Van Wyksdorp-area opgelei in basiese brandbestryding.

Die opleiding het begin met een (1) dag van teorie en (1) dag van praktiese vaardighede wat gefokus het om brande rondom strukture en binnenshuis te hanteer. Die studente is ook geleer oor die basiese beginsels wat gepaard gaan met die hantering van veldbrande in hul ontstekings fase.

TDM se Brandweerdienste sal ook ‘n 1000-liter watertenk en pomp-sleepwa aan die span voorsien. Dit sal aansienlik bydra tot vinnige reaksietyd op brande wat skielik ontstaan in die Van Wyksdorp-omgewing.

Daniel Dippenaar, TDM Stasiebevelvoerder: Brandveiligheid en Opleiding, het die opleiding gefasiliteer. Hy is ondersteun deur TDM-brandbestryders van Ladismith, asook Cornelius Willemse en sy medewerkers van die Kannaland Munisipaliteit se Beskermdienste.

Soorgelyke opleiding word beplan om plaas te vind aan die einde van Februarie 2024 vir die Witsand-area in die Hessequa-streek.


Media Release: First Responder Basic Firefighting Training rolled out to Van Wyksdorp residents

15 February 2024

The Garden Route District Municipality (GRDM) Fire Services rolled out Community First Responder Basic Firefighting Training this week from 12 to 15 February 2024 to 15 locals.

The Training was done as a step in the direction of establishing a First Responder Team in Van Wyksdorp, Kannaland.

The training commenced with one day of theoretical and one day of practical skills to deal with fires around structures and within homes. The participants were also taught the basics of how to deal with suppressing wildfires.

GRDM Fire and Rescue Services will also supply the team with a 1000-litre water tank and pump trailer. This will greatly assist with rapid responses to fire outbreaks within the Van Wyksdorp area.

Daniel Dippenaar, GRDM Station Commander: Fire Safety and Training, facilitated the training and was assisted by the GRDM crew in Ladismith as well as Cornelius Willemse and a team of Kannaland Municipality Protection Services.

A similar intervention is planned for the Witsand area at the end of February 2024.

ENDS