Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

Frequently Asked Questions (Afrikaans)

English | Xhosa | Afrikaans

Die Garden Route Distriksmunisipaliteit (GRDM) en die Wes-Kaapse Regering (WKR) se Departement van Menslike Nedersettings (MNS), onderskeidelik verteenwoordig deur die Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Memory Booysen en LUR vir MNS, Tertuis Simmers, het onlangs ‘n memorandum van verstandhouding (MvV) gesluit om die samewerking rakende behuisingsprogramme tussen dié onderskeie regeringsfere te verbeter. Hierdie hoëvlak ooreenkoms tussen die WKR Departement en ‘n distriksmunisipaliteit, strewe daarna om projekte rakende spesifieke behuisingsingsintervensies met gemengde reekse en opsies, te bewerkstellig. Ingrypings moet nog bespreek word en benodig ‘n aantal stappe en verwikkelinge voordat die GRDM verskillende behuisingsopsies vir lae en medium inkomste groepe binne die grense van die Tuinroete, kan implementeer en beskikbaar stel.

Derhalwe, is dit belangrik om daarop te let dat hierdie projekte nog nie gerealiseer het nie, maar dat daar mettertyd verdere formele aankondigings oor die vordering en spesifieke plekke waar sulke projekte as haalbaar genoeg geag word om te implementeer, bekend gemaak sal word. Dit sal die GRDM en sy plaaslike munisipaliteite in staat stel om voorsiening te maak vir die vereiste begunstigdes, aangesien projekte gereed is om aan die publiek aangebied te word.

Ter opsomming, is GRDM dus nog besig om ‘n stelsel te ontwikkel wat projekte sal insluit wat aan spesifieke liggings gekoppel sal word. ‘n Formele aankondiging sal mettertyd aan die publiek en/of belangstellende huishoudings gedoen word.

Vrae wat gereeld gevra word (kliek op die kruise om antwoorde te sien)

Wat is die betekenis en doel van die OVV?

Dit is ‘n hoë vlak dokument tussen die GRDM en die WCDoHS om hul onderskeie voorneme om saam te werk aan ‘n aantal spesifieke bekostigbare behuisingsprogramme en –projekte, breedvoerig te demonstreer.

Wanneer sal die verwante projekte van stapel gestuur word?

Hierdie projekte sal voortgesit word op grond van die normale beplannings- en uitvoerbaarheidsoefening  en daarna sal dit uitgevoer word op grond van ‘n databasis van begunstigdes of belangstellendes wie kwalifiseer  volgens die kategorie van die projekvereistes.

Hoe kan ek as lid van die publiek hiervoor aansoek doen?

‘n Kwalifiseringskriteria sal aan die spesifieke projek gekoppel word en sal hoofsaaklik deur die normale riglyne vir behuisingswetgewing en metingskriteria bepaal word.  Die datums sal deur die GRDM aangekondig word. U kan ook intussen u behoefte by u plaaslike munisipaliteit of by die Wes-Kaapse Regerings ‘App’ registreer, vir nuwe registrasies of om die besonderhede wat op beide die iOS- en Android-platforms beskikbaar is, op te dateer.

Gaan hierdie projekte in die Garden Route uitgerol word. Indien wel, waar?

Soos bekend, sluit die jurisdiksie van die GRDM 7 plaaslike owerhede in naamlik: Bitou, Knysna, George, Mosselbaai, Oudsthoorn, Hessequa en Kannaland. Afhangende van die lewensvatbaarheid van die projek, sal dit plaasvind in die gebiede wat lewensvatbaar geag word vir implementering deur die aangestelde professionele spanne en kontrakteur(s).

Hoe kan ek deel word van die kredietwaardigheidsrehabilitasie proses ter voorbereiding/afwagting van die toekomstige projekte?

Hierdie is ‘n nuwe program wat deur die Wes-Kaapse Departement van Menslike Nedersettings (WCDoHS) bekendgestel is en wat normaalweg saam met gevestigde, gefinansierde, gekoppelde projekte soos ‘Gap Housing en FLISP’ (Finance Linked Individual Subsidie Projects) aangebied word. Hierdie is hoofsaaklik projekte wat individuele eienaarskap bevorder vir huishoudings met lae tot medium inkomste wat tradisioneel sukkel om aan die standaard bankvereistes te voldoen om ‘n verbandlening te bekom of om ‘n eenheid binne hierdie skemas te koop. Dit is dus gekoppel aan die algehele intervensies vir verbruikersopvoeding wat deur die WCDoHS en deelnemende munisipaliteite bevorder word.

As potensiële begunstigdes wat in ‘n formele databasis gelys is en wat gekoppel is aan sulke beplande of toegewyde eienaarskapsprojekte, verskuldig is en rehabilitasie benodig, sal hulle dus die geleentheid gebied word om met die reeds aangewese diens deur die WCDoHS te skakel, om so ‘n diens aan te bied. Dit is ook ‘n diens vir verbruikersopvoeding wat normaalweg deur die provinsiale owerheid en gekoppelde munisipaliteite aangebied word. Deelnemende munisipaliteite in die Garden Route moet eers ‘n gedefinieerde finansieringsbesitprojek hê wat gekoppel is aan ‘n databasis van potensiële begunstigdes, wat die sleutel sal wees om diegene wat steun benodig vir kredietwaardigheid en die vermoë om ‘n staatswaarborg met verwante bankfinansiering te verkry, te bepaal om ‘n doelgerigte eenheid vir eienaarskapdoeleindes te koop.

Wanneer gaan die behuisingsprojeck vrugte afwerp of geïmplementeer word?

Sodra die nodige projekbeplanning afgehandel is, sal ‘n lewensvatbaarheidsoefening plaasvind om die haalbaarheid daarvan vas te stel – daar sal ‘n formele aankondiging gemaak word en advertensie geplaas word in hierdie verband.

Sal bekostigbaarheid deel wees van die munisipaliteit se behuisingsprogramme en projekte?

Die prioriteitfokus vir GRDM en alle ander munisipaliteit binne die distriksmunisipale gebied, sal op lae inkomste huishoudings met bekostigbaarheid as een van die hoofdoelwitte wees.

Wat beketen dit om te huur deur middel van jou sosiale behuingsprodukte?

Die Raad beplan en is besig om formele vennootskappe met geakkrediteerde sosiale behuisigingsorganisasies te sluit wat verwante projekte sal onderneem vir geteikende en gekwalifiseerde bekostigbare huur kliënte. Hierdie behuisingsorganisasies sal dus huurbates eksklusief ontwikkel en bestuur vir bekostigbare huurdoeleiendes. Dit sal insluit die onderneming van die spesifieke bevoordelingsprosesse en kleinteverhoudingsvereistes vir persone aan wie suksesvolle huurders-status toegeken is.

What is die beste keuse? Die huur of besit van ‘n bekostigbare eiendom?

So ‘n keuse sal by die aansoeker berus, aangesien die bedoeling is om keuses beskikbaar te stel omdat huishoudings verskillende behoeftes en belangstellings het wat gekoppel is aan bekostigbare behuisingsopsies.

Sal ons langs beter fasiliteite of naby sosiale en ekonomiese fasiliteite woonagtig wees?

Ja beslis, omdat verwante regeringsbeleide en ontwikkelingsprogramme die nood vir langtermyn integrasie van gemeenskappe in goed geleë gebiede met genoegsame infrastruktuur en verwante dienste.